Sunday, 30 March 2008

India vs SA






Na 'n bietjie meer as 'n maand in Chennai, het ek nog nie ander Suid-Afrikaners raakgeloop nie. Baie ander nationaliteite, hier is 'n groot expat gemeenskap, maar geen van SA nie. So tans is my opsomming ons is die enigstes van SA...... en toe daag die SA krieketspan op. Siende dat ons bietjie stadig was, kon ons geen kaartjies vir die wedstryd te koop kry nie en Japie kon ook nie by die werk kry nie. Japie, die ewige optimis, ry dus een aand na werk by die krieketspan se hotel om (toevallig dieselfde een as waar ons gebly het vir ons look-see) en los sy besonderhede daar en vra hulle moet ons kontak, want ons, hulle enigste ondersteuners in Chennai, soek kaartjies. Ons wag nou nog vir daai oproep !!

In elk geval, Japie het bietjie meer ernstig by die kantoor begin rondvra en siende dat almal hier krieketmal is, het hy baie simpatie en kaartjies te leen gekry. Hy het dus Donderdag saam met 'n paar ouens van die kantoor oor middagete gaan kyk en daarna vir my gese ek moet die Vrydag saamgaan - dis 'n belewenis. Wat 'n ervaring en wat 'n rumoer. Die stadion was volgepak (almal sit gelukkig in die skadu, want dit was bitterlik warm) en die Indiers was in 'n baie jolly bui. Toeters en fluitjies is aanhoudend geblaas. Indie was besig om te kolf en die een rekord na die ander het gespat. Terwyl ons daar was het Sehwag sy 200 tal (eers op 319 kon SA hom uitkry) bereik, Indie 300, die huidige partnership 50, viere en sesse is geslaan en elke keer was dit 'n groot gejuig. Na 'n uur en met 'n effe hoofpyn, het ons besluit om maar die aftog te blaas en bietjie stilte te gaan soek.

Ek het nie veel van die krieket gesien nie, maar sal nogals weer wil gaan - net vir 'n rukkie. Op pad terug het ons oral mense om winkel vensters sien saamdrom, besig om krieket op die TV in die winkel te kyk. Dis meer as net 'n sport hier.

Tuesday, 25 March 2008

I'm a celebrity get me out of here !




Nee, ek het nie skielik 'n groot aanhanger van die realiteitsprogram geraak nie, maar kon nie anders as om die naweek aan die naam te dink elke keer as ek 10+ Indiers na hulle kameras sien gryp as Inge en Jean verbystap nie. Baie mense het ons gewaarsku dat die kinders baie aandag gaan trek. Tot nou toe was dit egter heel hanteerbaar - gewoonlik net iemand wat hulle hand wil skud of aan hul hare wil vat en net soms het ek gesien mense probeer hulle ongemerk met hulle selfone afneem.

Ons is die naweek na Coonoor, naby die meer bekende Ooty, in die Nilgiri berge. Nog steeds in Tamil Nadu (die staat waarin ons bly) net heeltemal aan die westekant. Coonoor is 'n lieflike plek - hoog in die berge, omring met teeplantasies, indrukwekende plantegroei oa bouganvillas en heel verrassend jakaranda's wat blom en 'n groot verskeidenheid voels. 'n Heerlike naweek bestemming om te ontsnap van Chennai se gewoel en hitte. Wel, dis nie net ons wat wil ontsnap nie, dis ook baie, baie Indiese toeriste van oral oor en dis hier waar die moeilikheid gekom het. Oral kom daar mense na ons toe wat vra om die kinders af te neem - of op hulle eie, of saam met hulle, of saam met hulle kinders of ons hele gesin en
dan word die 2 opgetel en kry knypies in die gesig !! Jean was nog heel tevrede om iemand se hand te skud, maar as 'n kamera uitgehaal word het hy omgedraai en "no, no, no !!" begin skreeu. Inge het net pal agter my weggekruip. Later het ons dus maar begin nee se vir foto's waaroor ek so half skuldig gevoel het, want ek is self 'n kranige fotograaf wat alles en almal wil afneem, maar ek knyp darem niemand na die tyd in die gesig nie !!

Thursday, 20 March 2008

Ons plek begin ons huis raak

Japie het 'n goeie job gedoen. Soos julle weet was hy aanvanklik baie bekommerd dat hy op sy eie vir ons hier in Chennai 'n huis moet soek en dat ek dan later soos vroutjie vink sal kom en die plek uitmekaar gaan trek. Wel, ek is baie tevrede en eergister was dit omtrent soos Kersfees hier, want al ons aardse goed het ook hier aangekom !! Na amper 2 maande van kamp in huise en oorslaap by familie, vriende of hotelle was dit 'n baie groot en opwindende dag.

24 en 25 Januarie het 3 Engelse manne van Robinsons International by ons huis in Westcott aangekom en baie koppies tee later het hulle alles ingepak en opgelaai. 147 items/bokse vir skeepsvrag en net 7 vir lugvrug. En dis hier wat ek die groot oordeelsfout gemaak het, want ek het die verhuisingsmaatskappy geglo toe hulle gese het 4-6 weke vir die skeepsvrag deur tot deur, maw alles sou net betyds wees vir as ons hier intrek. Volgende keer pak ek bietjie meer in die lugvrag. Aan die anderkant dit begin vir my lyk of 2 weke laat die norm in Indie is. Dit het 2 weke geneem om ons broadband te kry en van die eerste dag word daar aan my gese "tomorrow madam". Nou verstaan ek "tomorrow" is maar net 'n manier van se dat iets in die toekoms gaan gebeur, nie letterlik more nie. 'n Soortgelyke uitdrukking het ek ook in Malawi raakgeloop - maybe tomorrow - kaya mawa. (Sommer terloops- more is ons troudag herdenking en Kaya Mawa in die Malawi-meer was deel van ons honeymoon-vakansie : http://www.kayamawa.com).

Aanvanklik sou Mr Sjramitami (of iets soortgelyk) van Starworld ons goed in Chennai hawe ontvang, maar nadat Japie reeds met die lugvrug 'n paar ure in doeanne saam met hom moes spandeer, 101 papiere moes teken en baie warm gekry het (waarom het mens dan 'n agent as jy alles self moet doen ?) het hy aangedring by Robinsons dat 'n ander agentskap ons skeepsvrag moet "clear" - een wat dit op sy eie kan doen. Na 2 maande in Indie vat Japie nie meer nonsens nie. 'n Nuwe agentskap Writer&Co het oorgeneem en Dinsdag het 8 baie professionele Indiers ons goed afgelaai, aanmekaargesit en uitgepak. Die kinders was uit hulle velle toe hulle na skooltjie hier aankom en hulle beddens en speelgoed staan en wag ! Iets ouliks wat hulle ons in Engeland laat doen het, is om vir elke kind 'n A4 grootte sticker te gee wat elkeen kon inkleur, naam opskryf en op 'n boks met speelgoed plak. Gister het hulle toe elkeen hulle bokse uitgepak.

Hier staan nog 'n hele paar bokse wat uitgepak moet word, oa die 4 met duvets en komberse. Japie het gese ons stoor niks in Engeland nie en ek wou nie weggee of verkoop nie, want eendag het ons dit hopelik weer nodig. Oor die 90 rolle Sainsbury Super Soft toiletpapier is ons almal baie bly, die hier is effe hard en met 270 doeke vir Jean sal hy maar eers moet wag met potty training.

Geseende paastyd vir almal.


Monday, 17 March 2008

Email van Elmarie - 12/3/08


Hello uit Chennai

Vanoggend het ons in 'n koel, nat gereende Chennai wakker geword - nog 'n nuwe ervaring !! Gewoonlik is ac's aansit die eerste ding wat ek in die oggende doen, maar vanoggend kon ek die deure wyd oopmaak om die vars, koel lug te laat inkom.

Ons bly nou al 'n bietjie meer as 'n week in ons nuwe plek - groot en ruim, so baie plek vir kuiermense. Weereens kamp ons, elke keer as ons met die verskepingsagente praat hoor ons dat die skip met nog 'n week vertraag is. Laas wat ek gehoor het, is die skip darem oppad van Malaysia, Chennai toe (klink vir my ook na 'n grootte ompad....).

Met die kinders gaan dit goed. Jean het aanvanklik gesukkel met die hitte - het vreeslik uitslag en koors gehad, maar is stukke beter. Hy en Inge gaan 4 oggende in 'n week na 'n speelgroepie. Inge was aanvanklik nie baie beindruk nie, sy voel dis 'n agteruitgang van die 'grootskool' in Westcott, maar het besluit om tog saam te gaan om vir Jean te help.

Ons het bietjie probleme met ons kar en driver - tot groot vreugde van Inge en Jean. Die kar lek diesel, so vanoggend het die driver ons met 'n ander karretjie kom haal en die opwinding is dat die Happy Birthday se deuntjie uitbasuin as ons agteruit ry, so Inge het heerlike saamgesing en Jean kamstig kersies uitgeblaas. Later het die driver verdwyn en ek moes 'n auto rickshwa (geel 3 wiel motorfietsie) vat om die kinders by die skool te gaan haal. Hulle was albei baie opgewonde en het vir almal gewaai, maar my senuwees was klaar toe ons by die huis stilhou, dankbaar ons leef nog almal. Die auto rickshwa is heeltemal oop aan die kante, maar almal ry maar hier so in die besige verkeer - nie soos ons met die kinders agter vasgemaak in hulle karstoeltjies nie (skat ons is die enigste in Chennai wat so ry).

Hier gebeur dinge maar stadig. Ons wag nog steeds vir ons internet by die huis, so sal laat weet as dit aan is. Ek skryf nou van internet kafee, terwyl die kinders by Amudha (nog 'n nuwe ervaring) by die huis gebly het.


Baie groete
Elmarie

Email van Elmarie - 28/2/08

Bye-bye Engeland

Uitendelik. More breek die groot dag aan en ek, Inge en Jean vlieg Indie toe. Die 4 weke sonder Japie het maar by tye rof gegaan, maar miskien ook goed, want dit maak die afskeid hier makliker. Ons almal kan nie wag om daar te kom nie. Wel, alles is nou so te se afgehandel hier in Engeland. Die huurders is in, gister het ek my kar verkoop en al ons goed pas net-net in die tasse. So more gaan ek Heathrow aandurf met 4 tasse, 3 rugsakkies, 2 karstoeltjies, 1 buggie en 2 kinders - gelukkig met die hulp van Ciska en Sharon !!

Ek moet se die gemak waarmee die kinders alles (die oppak, kat weggee, kamp in die huis, oorslaap en kuier by mense) tot nou toe hanteer verbaas my elke keer. Hulle mis Japie baie, maar 'n bietjie gesels op die foon met hom, 'n briefie skryf vir hom of 'n lekker tantrum gooi maak alles weer reg. Jean is wel op 'n eet en bad staking, maar ek is nie seker of dit net "lent" is wat jy bietjie ver vat en of dit sy manier is om te protesteer oor die trekkery Indie toe nie. Nie te min sy tas sal maklik met 'n regte Engelsman verwar kan word - dis vol blikkies Heinz baked beans (een van die min dinge wat hy wel not eet !).

Hier in Engeland het ek die eerste keer gehoor mense beskryf die weer as "glorious" en het dit intussen self begin gebruik. Die week het ons pragtige sonskyn dae, blou lug en afodille wat oopgaan beleef - nog steeds ysig koud - so amper "glorious". 'n Heerlike afskeidsweek na amper 6 jaar hier op die einland. Baie dankie vir al die lekker saamkuiers, liefde, hulp en ondersteurning. Ons gaan Engeland en almal hier baie, baie mis. En vir almal in SA - hoop om julle Mei maand te siene te kry.

Tot ons weer sien.
Elmarie

Thursday, 13 March 2008

Email van Japie - 9/2/08

Vanakkam - "greetings"

Ek is nou al 2 weke hier en nog steeds vergaap ek my aan wat alles buite my motorvenster gebeur. Dit sal 'n tydjie neem om gewoond te raak aan dinge hier.

Neem byvoorbeeld net die tog om 'n internetkafee te kry (by my werk is hotmail etc geblok, die hotel waar ek tot die einde van die maand bly se internet konneksie is af). My werk gee my 'n motor. En 'n bestuurder. Die besturrder is myne - en net myne ?!? - vir 12 ure elke dag. As jy nie bestuur, of kar was, of petrol ingooi (wat hier nogal 'n uitgerekte proses is) nie, sit en wag hy in/naby die motor. Ek vind dit vreem dat iemand heeltyd vir my sit en wag - soos nou, die snaar sit nou al amper vir 'n uur buite terwyl ek hierbinne besig is. Trouens dit maak my gespanne, tot ek onthou hy kos die mpy net 3 britse ponde 'n dag (ie 100 pond 'n maand). Die motorbestuurder beteken dat ek Indie uit die langbeen-sit gemak van die airconditioned ("AC" soos hulle alles hier in Indie afkort) agterste sitplek kan besigtig. Dit beteken ook dat ek saans op pad terug hotel toe, lekker gerieflik 'n vinnige uitrjie kan knip.

Soos ek seker al vir julle gese het, is die paaie hier nogal chaoties. Hier is baie mense. Wat beteken daar is baie fietse en motorfietse. Elkeen met baie mense op. En dan is daar die karre, busse, lorries - wat almal hulle toeter heeltyd druk om vir die res van die wêreld te laat hoor waar hulle op 'n gegewe tyd is. En dan is daar die beeste en waens getrek deur mens of dier. Die vrouens se veelkleurige sari's gee die geraas darem 'n bietjie kleur. Ek weet nie hoe dit ruik nie, want ek wil nie die venster oopdraai terwyl die AC aan is nie. En die AC is die heeltyd aan, want dis heeltyd lekker warm. (Trouens, ek deelmee met die gebruik hier om die bestuurder so 5 min voor ek iewers heen wil ry te bel, sodat hy die kat kan aansit sodat dit lekker koel is wanneer hy my kom oplaai....).

Al is selfone, soos orals deesdae die geval, baie gewild, is hier op elke straathoek 'n plek waar jy kan betaal om met 'n gewone telefoon iewers heen te bel, of 'n faks te stuur etc. (Dis nou insted van 'n telefoonhokkie). Internet kafees is skaars. Trouens, ek het die laaste 2 weke besef dat on vinnig gespeen sal moet word van ons afhaklikheid van die internet (in die UK het ons alles op/via die internet gedoen). Maar as ek eers een kry, het hulle 'n lekker diens waar 'n kelner gereeld vir my vra wat hy vir my kan bring om te drink/eet.

Gepraat van kos. My werkgewer voorsien elke middagete kos vir almal op kantoor. Dis local, vegetarian kos voorberei en voorgesit op die tradisionele manier. Die word afgelewer op 'n "3 wheeler" (die motorfiets goeters wat hier as taxi/kombi/afleweringswa gebruik word) in sulke opgestapelde bakke. Dan dra baie hande dit na die verskeie "pantries". Die borde is stainless steel, maar daar word peisanblare gesny en bo-op gesit (dis blykbaar meer higienies en boonop medisinaal...). Jy skep dan jou kos uit die verskillende potte. Die meeste locals eet met hulle hande. Ek het vanaf die 1ste dag hulle sommer gejoin (want ek weet nie waar om ander middagete vandaar te kry nie !). Ek kry darem 'n teelepel of vurk. Die kos is nogal heel smaaklik. Alhoewel party diss spicy is, het niks nog my gesig rooi laat gloei nie. Daar is ook poeding )of 'n "sweet" soos hulle dit noem) elke dag - nou nie die soort nagereg waaraan ons gewoond is nie, maar nogal lekker. My gunsteling is die "sweet beetroot". Dit lyk net soos gerasperde beetslaai (wat ek glad nie eet nie!) - maar is heerlik soet. Ek het 'n foto van my 1ste bord kos geneem, maar sukkel nog om dit van my selfoon afgelaai te kry.

Wat ek wou se is, ek het laasweek heeltyd bg by die werk geeet en saans in die hotel se restaurant wat eindelik net Indiese kos het. Laas Sondag na kerk is ek na 'n naby gelee strandoord met 'n hoogsaangeskrewe hotel, waar ek toe vir 'n Westerse buffet aansit. Ek was laas Sondag nag toe vreeslik siek. Sedertdien bly ek nou maar by Indies kos (alhoewel ek lus is vir 'n paste/pizza vanaand).

Ek het al vir ons 'n plek gekry om te bly (omtrent almal vra of ek dan nie bang is om 'n plek te soek sonder dat Elmarie dit gesien het nie...).Dis 'n nuutgeboude plek wat amper klaar is. Dis baie groot (4 groot dubbelslaapkamers, 'n studeerkamer , 3 leefvertrekke) - so julle kan gerus laat weet wanneer julle kom kuier. En soos die gebruik hier is, het all kamer 'n en-suite. Maar net storte orals. En dit het die soort toiletter waaraan ons gewoond is (maar vir die wat wil, is daar van die handspuite ook).

Ek kry ons "family car" volgende week - ek was baie opgewonde (want dis 'n lekker groot MPV styl kar : ek bestuur mos nie), maar die bestuurder vra nou-nou of dit 'n nuwe kar gaan wees ? Wat my toe laat wonder - dis nie onmoontlik dat ons 'n "pre-used" kar sal kry nie... Ihulle het sulke interessante terme hier, bv as iemand sterf, dan "expire" hy).

Om inkopies hier te doen, is ook ander. Daar is geweldig baie shop-assistants. Elke afdeling/rak het sy eie staf. Wat beteken elkeen probeer sy afdeling/rak/brand aan jou verkoop. Maar as jy eers by die regte een is, het jy 'n vakekspert tor jou diens wat alles doen : jou grootte soek en terugsit, dan jou keuse van kleur etc. Die enigste probleem is dat die klomp nooit NEE s
ê nie. Dis 'n kultuur ding. Veral by die werk sukkel ek daarmee. Alles is altyd reg/moontlik. Yeah-sure. Dit help dus nie om vrae te vra waarop die antwoord "ja" of "nee" kan wees nie. Ek het nie geweet ek vra soveel vrae-tipe nie en sukkel om meer "open questions" te vra. Ek sal nie te veel oor my werk kan klets nie, waar dit lyk my na 'n baie hierargiese plek waar niks gebeur as jy nie via die hieragie werk nie. Ek's glad nie dit gewoond nie, het al 'n paar baie frustrerende battles gehad (LW die frustrasie is net myne - die res lyk baie happy).

Gepraat van werk, dinge is baie besiger as wat ek beplan het (en volgens my beplanning, wou ek baie gedoen kry voor Elmarie-hulle arriveer....). Maar nou-ja, dis vir opwindende redes en ook hoekom ek wou Indie toe kom, so ek hoop dat ek dit end-uit sal kan geniet.

Ek wil nog baie gesels, maar die bestuurder is 12-uur is amper op en ek wil nog by 'n Italiaanse restaurant gaan eet voor hy my by die hotel gaan afllaai.

Groete
J.