Monday, 28 April 2008

Pondicherry & Auroville





Die naweek het ons Pondicherry en Auroville gaan verken. Pondicherry is so 140 km suid van Chennai en 'n plek vir yoga, Franse kos eet, 'n tempel olifant, wye strate, sypaadjies, mooi winkels, hippies, goedkoop drank en bouganvillas. Iets vir amper almal. Pondicherry was in die 18e eeu 'n Franse kolonie dorp en vandag nog is daar 'n baie defnitiewe Franse en Indiese deel. Die Franse deel is verfrissend mooi en skoon met wye strate en baie stapplek. Ons het in 'n ou koloniale hotel gebly met swaar donker meubels, dik mure, 'n binnehof en 'n groot stoep.

Net voor Pondicherry is die internationale gemeenskap van Auroville. Daar bly omtrent 2000 mense, van 38 verskillende nationaliteite oor 'n area van 20 km.
Die eerste teken dat mens in Auroville se area is, is al die westerlinge wat op poegies heen en weer ry. Dis moelik om die plek te beskryf - dit is begin deur 'the Mother' in 1968 wat 'n visie met Sri Aurobindo gedeel het vir 'n plek soos Auroville "Auroville wants to be a universal town where men and women of all countries are able to live in peace and progressive harmony above all creeds, all politics and all nationalities. The purpose of Auroville is to realise human unity."
Meeste van die mense wat daar bly is permanente inwoners, maar daar is ook gastehuise waar jy vir 'n week of langer kan gaan bly en dan aan verskillende aktiwiteite deelneem - yoga, meditasie, klasse, fietstoere.... . Dagbesoekers soos ons is ook welkom, daar is 'n winkel waar al die crafts verkoop word, 'n lekker eetplek en mens kan gaan kyk na die Matrimandir - 'n massiewe goue koepel wat lyk soos 'n gholfbal met meditasie kamers en die wereld se grootste soliede kristal, maar die 1km stap soontoe, 2 uur in die middag, in verskriklike hitte en 2 klaende kinders het ons daarteen laat besluit. Gaan lees meer by
http://www.auroville.org/



Friday, 25 April 2008

Iemand hou my dop

In die woonstelblok waar ons bly is daar 6 woonstelle, waarvan 5 al mense in het. Die 6de een se mense is nog besig om die woonstel reg te maak (bling aan te bring). Al 5 van die woonstelle het ten minste een bestuurder en een huishulp. Dan is daar die opsigter wat meestal net sit en koerant lees en as die krag afgaan die generator aansit , 2 vrouens wat tuin nat maak, trappe vee en die lift se spieels was en 4 sekuriteitswagte wat in 2 skofte werk. Aanvanklik was ek bietjie bekommerd oor hoekom ons sekuriteitswagte hier nodig het - almal het aan my gese Chennai is so 'n veilige stad. Ek dink egter die naam is so bietjie misleidend. Hulle job is om enige een wat die woonstel blok wil inkom te ondervra, en as dit byvoorbeeld vir ons is, my dan te bel en dan te vergesel tot by die voordeur. Hulle groot job is egter om die hekke oop en toe te maak soos ons karre in en uit ry en as ons uit ry, met 'n fluitjie in die mond, in die middel van die straat te gaan staan om die aankomende verkeer te stop. Nie dat ons in 'n baie besige straat bly nie. Behalwe vir ons wat hier bly (tans 14 van ons, kinders ingesluit) kan daar op enige gegewe oomblik dus nog 15 mense hier rond wees.

Nou een middag sit ek en wag dat die gordyn mense ons vensters moet kom meet - 17:00. Soos gewoonlik het die afgespreekte tyd gekom en gegaan, ek bel en hulle se 20:00. Intussen het ek die kinders gebad en in die bed gesit en nog gewag. 20:30 lui die klokkie - die opsigter, duplex A se bestuurder, 1 sekuriteitswag en die manne wat kom opmeet. Ek dag toe dis vreemd dat die hele klomp voor die deur staan, dit sonder dat enige een gebel het, maar vra nie uit nie. 15 minute later is alles gemeet en almal weg. Net daarna bel Japie en wil weet, waar is ek, hoekom antwoord ek nie die videofoon nie en wie is daar by my !!! Later vind ek uit die klomp wat kom opmeet het was 20:00 hier, sekuriteit het gebel, ons foon het nie gewerk nie, een van die bestuurders bel toe ons bestuurder wat by die kantoor vir Japie gesit en wag het, die bel vir Japie en Japie vir my ! Sjoe, gelukkig het ek nie 'n skelmpie nie.

Monday, 21 April 2008

'n Vergeefse soektog


Die naweek het Japie besluit, dit is tyd dat Inge leer fietsry sonder haar klein wieletjies. Ek se toe, dan moet ons net eers vir haar 'n fietshelmet koop. Vrydagmiddag was ek en die kinders by 2 kinderwinkels (oa 'n pragtige Mothercare), maar geen helmets. Die aand is ons saam met Japie na 'n groot speelgoedwinkel (amper soos ToysRUs), geen helmet nie. Jean het wel sy droom motorfiets daar gesien. Die volgende oggend was ek en Japie by nog 3 plekke. Geen helmets. Terwyl ons in die kar sit en terugry huis toe, wou ek net by myself dink - wat 'n snaakse plek dat mens nie fietshelmets hier kry nie - toe kyk ek buite om my en besef die realiteit van waar ek is.

In Chennai is daar nie eintlik iets soos 'n gesinskar nie, wel die gesinsmotorfiets ! Dis glad nie snaaks om 'n familie van 4 op 'n motorfiets te sien ry nie. Heel voor die oudste kind, dan pa, dan die kleiner kind, dan ma en soms is dit ma met 'n kleine babatjie in haar arms. Volgens wet hier word net die bestuurder verplig om 'n valhelmet te dra en selfs dit word nie toegepas nie. So op hierdie besige paaie, waar mense (amper) ry soos hulle wil, het ek nog geen kind gesien met 'n valhelmet op nie. Dan is dit seker nie snaaks dat winkels nie fietshelmets vir kinders verkoop nie.

Sommer iets interessants - Tata motors is hier baie groot en juis om die gevaar vir families op motorfietse aan te spreek het hulle besluit om 'n Rs 1 lakh (omtrent £1250) kar te bou. Die Tata Nano is die eindproduk van die droom en word een of ander tyd vanjaar vrygestel.

Friday, 18 April 2008

OWC Madras

Woensdag het ek by die Overseas Women's Club of Madras aangesluit http://owcmadras.blogspot.com/. Dis sommer 'n lekker plek om ander expats te ontmoet en ek het 'n lang lys van "Hints and tips for living in Chennai" gekry. Van waar om te bly en watter skole tot watter vitamienes en ontwurmingspille om te gebruik !! Daar is heelwat sosiale aktiwiteite. 'n Speelgroep wat elke Dinsdag bymekaar kom by iemand se huis, 'n boekklub, uiteet elke maand, 'n leer kook by die chefs groep en 'n handwerk groep. Deur die jaar is daar 4 groot fondsinsamelings funksies en die geld word dan gebruik vir verskillende organisasies wat OWC ondersteun (oa kinderhuise, ouetehuise en 'n huis vir leergestremdes).

Tuesday, 15 April 2008

Expats en Chennai

Expats (expatriate) word beskryf as iemand wat tydelik of permanent in 'n ander land en kultuur, as waarin hulle grootgeword en wetlik burger is van, woon. Dit kom van die Latyns ex (van) en patria (vaderland). In die UK is daar 'n spotnaam vir expats - die "when we's" of "toe onse". Toe ons in Indie gebly het, bla bla bla.........(so ek sal probeer om nie te veel te bla oor Indie nie, net te blog). Teoreties is die meeste Suid-Afrikaners wat in Engeland bly dus expats, maar niemand daar verwys so na hulself nie. Hier praat almal van hulself as expats en die locals noem ons "foreigners".

Verlede jaar Oktober het ek en Japie vir 4 dae na Chennai gekom om te kom kyk en besluit of ons expats/foreigners wil word. Voor dit het ek niks van Chennai geweet nie en baie min van Indie. So ek het bietjie begin navors oor Chennai.

By Wikipedia het ek geleer Chennai was voorheen bekend as Madras en die 4de grootste stad in Indie. Chennai het 7.5 miljoen mense uitgesprei oor 1180km2 (vergelyk dit met Johannesburg se 4 miljoen mense uitgesprei oor 1645km2 - hier is bitter baie mense!). Dis die tuiste van Indie se motor industrie en na Bangalore die 2de grootste uitvoerder van sagteware en IT. Dit het 'n international lughawe en 2 hawens.

Volgens Japie se werk se bemarkings DVD (ja kan jy glo daar is so iets !! 'Emerging Markets: Living and working in India' en op die omslag is 'n sticker 'Living and working in China coming soon') is Chennai 'n great plek, veral as jy opsoek is na iets nuuts en anders. Die een persoon se "you have to be tough and brave to make the move, but if you do take the risk it will pay off". Chennai word verder beskryf as "laid back, green, spread out, everything is here, just a little different than at home". Volgens Lonely Planet is Chennai "muggy, polluted, hot as hell and difficult to get around, but the locals are a little friendlier than average, the streets a little wider and the pace much slower than in most Indian cities half its size". Rough Guide to India is nog bietjie meer negatief "hot, fast, congested, noisy and most travellers stay just long enough to book a ticket for somewhere else".

So dis wat ek van Chennai geweet ek voor ek hierheen gekom het. Met ons besoek is ons baie rondgewys en getreat, maar om verstaanbare redes is daar gekonsentreer op positiewe dinge en alles wat westers is. Nou is ek stadig besig om Chennai self te ontdek en my eie opinie te vorm. Die reisboeke het seker iets beet - dis warm en bedompig hier en nie veel vir 'n toeris nie (geen besonderse museums, natuurskoon ens. nie), maar wie besoek nou in elk geval museums in sy eie stad? Elke dag as ek saam met die kinders skooltjie toe ry, is alles wat langs die straat gebeur soos om 'n film te kyk met nie 'n enkele vervelige oomblik nie. Hier is lekker koffiewinkels en heerlike restaurante en met 'n gewillige babysitter kan ek en Japie dit gereeld in vrede geniet. Minder as 'n uur uit Chennai is daar pragtige strandoorde en ja, as mens regtig wil - die lughawe het gereelde vlugte na enige plek in Indie en Suidoos-Asie. Glad nie 'n slegte plek nie.

Thursday, 10 April 2008

3 Suid Afrikaners in 'n sari winkel

Klink amper soos die begin van 'n grappie, maar nee, net deel van my heerlike dag. Eintlik het dit al gisteraand begin. Twee van Japie se oud Sanlam kollegas, nou in Hyderabad, het vir besigheid Chennai toe gekom en die beter deel - hulle vrouens het saamgekom. Gisteraand het ons almal gaan uiteet, vandag moes die mans werk en die lot van die expat vrou - shopping.

Een van Chennai se bekendste winkels is Nalli's. Die plek waarheen die locals gaan om sari's te koop. Almal se dis 'n belewenis, maar jy moet ferm kan wees anders los die verkoopsmense jou nie uit nie en op die end stap jy met tien sari's daar uit. Tot vandag toe het ek nie veel erg aan 'n sari gehad nie. Vir my was dit bloot die kledingstuk van die menigte hier, mooi kleurvol, maar waarom ? Vandag het alles egter verander. Van buite lyk Nalli's heel beskeie. Binne is dit 'n ander storie - rakke en rakke vol sari's en materiaal - 5 vloere vol. Sy, katoen, organza, effe kleur, geborduur, bietjie blink en skitter blink. Die rakke met sari's is agter glasdeure en die winkelassistente (almal ouer mans ?) haal dit dan uit om te wys. Dis hier waar 'n sari vir my van 'n snaakse rok-ding na 'n eksotiese wonder-ding verander het. 'n Sari bestaan uit 'n aanmekaar stuk lap, enige iets van 4 - 9 meter lank, wat om jou lyf gevou, ge'pleat' en vasgemaak word. Die sari's kan op 'n paar verskillende maniere gevou word, maar die groot verskil tussen die vrou wat die straat vee en die Bollywood aktriese se sari is die materiaal. Nou moet ek bieg - hoe blinker en hoe helderder, hoe mooier. Nog nie eens 2 maande in Indie nie en ek verkies bling ! Wel, ek het nie vandag gekoop nie, maar ek sal weer gaan - elke vrou in Indie moet darem een sari he.

Sunday, 6 April 2008

Ons soek kerk


Om te kan in skakel by 'n Christen gemeente was nog altyd 'n baie vanselfsprekende deel van ons gesin se lewens. Met ons trek na Engeland was dit maklik. Die eerste of 2de Sondag nadat ons daar aangeland het, is ons na die SA Gemeente in Guildford. As ek terugkyk, het ons baie van ons Engeland vriende juis daar ontmoet. Die twee selgroepe waaraan ons behoort het, is waar ons kon groei, verantwoordelik gehou is, saam gekuier het en saam baie kinderpartytjies gehou het ! Siende dat die kerkdienste van die SA Gemeente net elke 2de Sondag is, het ons terwyl ons in Guildford gebly het by 'n Baptiste kerk en later in Westcott by 'n Church of England kerk ingeskakel. Om so tergelyketyd by 2 gemeentes te kon inskakel, was vir ons heerlik. Een Sondag luister ons na 'n diens in Afrikaans en die volgende Sondag kuier ons saam met ons "village" se mense in die klipkerkie op die bult.

Nou is ons in Chennai, 7 miljoen mense, oorwegend Hindu's. Tog kry ons op die internet 'n lys van kerke. Ons enigste vereiste is dat die diens in Engels moet wees, so kon onmiddelik 'n paar skrap. Verlede Sondag kies ons toe die New Life Assembly of God met die oorwegende rede - die Engelse diens begin 11.15 ( meeste ander kerke se dienste begin 7.30 !). Wat 'n belewenis. Daar gekom, is dit net mense, mense, mense. Ons staan op die trap vir 'n ruk en later wurm ons, ons in tot ons plek kry in die skadu onder die afdak. Daar kom ons agter ons staan en wag om by die Tamil (taal wat mense hier praat) diens in te gaan. Ons stap dus 2 stelle trappe op en in net so 'n gedruk kom ons by die deur vir die Engelse diens aan. Later vind ek uit, die kerk het 2 dienste wat gelyktydig loop met 5 Tamil en 3 Engelse dienste deur die loop van 'n Sondag. Dis uitgesluit die kinder en jeugdienste. Die grootste lokaal skat ek vat so 5000 mense en die kleiner een 3000. Na 'n half uur van buite rond staan, warm kry, op 'n TV kyk hoe mense in tale praat en kinders wat moeilik raak, het ons besluit om maar huis toe te gaan. Om soveel Christene in Chennai te sien was besonders, maar nie heeltemal die kerk vir ons nie.

Vanoggend is ons na St. George Cathedral - 7.30. Die keer minder mense, so 1000. 'n Regte ou Engelse kerk en met 'n orrel wat speel en mense wat rustig sit en luister na die preek, voel ek sommer meer tuis. Die diens was 2 ure lank en net soos in die CofE is daar 'n baie formule liturgie, maar hier word dit gesing (eintlik ge-'chant') en nie gelees nie. Die gebou is pragtig (foto) met hoe plafonne, groot dakwaaiers, loodglasvensters en ou standbeelde. Wat my opgeval het, is 'n huldeblyk teen die muur waar ons gesit het vir 'n ene William Griffith, gebore 1810 in Ham, Surrey. Wel, nog nooit van Ham gehoor nie, maar Surrey !!! - ek raak sommer tranerig. Hy was in Madras se mediese dienste en bekend as botanis wat die wereld deurkruis het op soek na nuwe spesies, maar op vroee ouderdom van 35 dood. Nou kyk, ek het sommer 'n slegte week agter die rug en het myself by tye baie jammer gekry, so aan die eenkant gee dit my moed om te sien dat iemand al in 1832 van Surrey hierheen gekom het (nou moet dit darem net soveel makliker wees), maar aan die anderkant lyk dit ook of dit sy dood beteken het. Twee ander brokkies. Een van die gebede in die kerk was vandag 'Prayer of Confession from South Africa" en 'n besoekende familie van Guildford is welkom geheet, so ons het heerlik na kerk gesels oor 'n koppie chai (amper so goed soos om SAners raak te loop).

Vir ete vanmiddag is ons na 'n Amerikaanse restaurant 'Sparkys Diner' en die eienaar vertel ons van nog twee kerke waarheen blykbaar meeste Amerikaanse expats gaan. So dalk gaan ons volgende Sondag soontoe. My ma se altyd mens moenie te veel soek vir 'n kerk nie, net gaan en inskakel. Miskien soek ons te veel, dieselfde God word in almal aanbid, maar in hierdie land wat soveel anders is, sal dit lekker wees om net een dag in die week bietjie 'normaliteit' te kan he.

Wednesday, 2 April 2008

1 April geen grap

Jean sukkel maar met al die nuwe kieme in Indie en gister was hy retig niks lekker nie. So in die huis is daar nie veel gelag op April Fool's Day nie. Eintlik het die moeilikheid al Vrydag begin toe Jean koorsig wakker word, met ou muskietbyte was begin opswel. (Chennai is 'n lae risiko gebied vir malaria, so ons hoef nie anti-malaria tablette te gebruik nie, maar dit bly maar in my agterkop). 'n Bietjie calpol het egter gehelp en ons het op die end 'n lekker dag gehad. Saterdag het ek en Japie groot planne gehad om die kinders by Amudha te los en bietjie rond te loop. Jean is toe so koorsig, dat ek eerder 'n afspraak by die dokter maak. Hier, soos lyk my in SA, gaan mens nie met 'n kind na 'n gewone dokter nie, wel 'n pediater !! So die eerste keer wat ek 'n kind pediater toe vat. Japie ry saam en anders as ek, wat net die adres vir die driver gee dat die maar ry en vra tot ons die plek kry, het Japie die kaart op sy skoot en hy navigeer (tot my en die bestuurder se frustasie!!). So ry ons al dieper die slums in en ek begin al hoe meer benoud raak, want dit begin eerder lyk of ons by 'n toordokter of iets met ons siek kind gaan opeindig. Later bied die bestuurder aan om te stop en rigting te vra. Dit blyk toe dat Japie ons in Gandhi M"*&% Road het, eerder as Gandhi Mandapam. 30 minute laat kom ons darem by die Apollo Clinic aan waar die dr se spreekkamer is. Baie netjies en modern soos enige westerse plek, groot verligting. Die dr diagnoseer Jean met oor en keelinfeksie en 'n allergie vir muskietbyte (en ons landlord wil nog steeds nie he ons moet muskietnette voor die oop badkamer vensters aanbring nie, maar ons gaan in elk geval voort). Op die dr se aanbeveling gaan ons toe eers aan net met calpol (waarvan ek hou, want 'n dr wat te vinnig antibiotika voorskryf laat my skepties), maar het gister tog maar met antibiotika begin en vandag is hy stukke beter.

Die konsultasie by die dr het ons 'n volle Rs250 (£3.33) gekos en die medisyne Rs110 (£1.37) !!! Goed, by die NHS sou dit verniet gewees het, maar die was privaat, so 2 uur nadat ek op 'n Saterdag gebel het, het ons afspraak gekry.