Tuesday, 20 May 2008

Warm, warmer, warmste

As mens in Chennai aankom vertel die mense graag dat die klimaat hier is warm, warmer, warmste. Mei maand is warmste. Bitter warm. Begin Mei terwyl die temperatuur nog net hoog in die 30's was, het ek nog gedink dis nie te sleg nie. Nou is dit egter elke dag oor 40 en baie humied. Ons bly of binne, of hardloop van die a/c huis na die a/c kar of plas in 'n swembad. Vanoggend was daar egter nie genade nie, die kar se a/c het opgepak. Gelukkig vat ons bestuurder nie nonsens nie en het hy dit vinnig laat regmaak. Dis nie net ons wat sukkel in die hitte nie, alles in Chennai gebeur nou bietjie stadiger en die mense wat dit buite waag, sit of staan gewoonlik iewers in 'n skadu kolletjie.

Gelukkig het ons geweet van die hitte wat op ons wag, so ons het ons dinge goed gereel. More vlieg ek en die kinders SA toe en Japie oor 'n week en 'n half. Ons sien almal baie uit na die kuier. Ek weet nie of ek by blog gaan uitkom die vakansie nie, maar is terug in Indie middel Junie en sal dan verder vertel van ons doen en late hier.

Monday, 19 May 2008

'n Anderse storie

Hierdie is nie vir sensitiewe lesers nie !

Inge kom een middag baie opgewonde van die skool af. In die kar begin sy dadelik te vertel - sy het vir die eerste keer by die skool 'n poo gemaak. Ek kon nie dadelik die opwinding verstaan nie, tot sy my meedeel dat sy nou weet hoe Indiers in die toilet maak - hulle spuit hulle boude met water af ! Ek se toe sy moet vertel, siende dat ek nog nooit seker was hoe die storie werk nie. Sy vertel toe in groot detail, van geen toilet papier, spuit, was en niks droogmaak nie. Ons toilette by die huis het ook almal van die handspuite, maar tot nou is dit nooit gebruik nie. Tot my frustrasie kom ek nou gereeld op 'n sopnat toilet af - want spuit is baie meer pret as toilet papier.

'n Paar dae na die episode gaan haal ek weer die kinders by die skool en die juffrou se ek moet net bietjie wag, hulle sit gou vir Jean 'n skoon doek aan. Nie lank later nie kom Inge aangehardloop en skreeu "Mamma, hulle spuit hom af !"

Wednesday, 14 May 2008

Tsunamika


Ek het vandag vir Tsunamika ontmoet. 'n Baie inspirerende storie van hoe 'n klein handgemaakte poppie na die tsunami mense se lewens beinvloed het. Chennai en veral die omliggende vissersdorpe is swaar getref deur die 2004 tsunami en 11000 mense is dood en baie meer haweloos gelaat. 'n Groep van Auroville het met die gedagte gekom, om die vrouens van die dorpies, poppies van afval lap te laat maak om hulle so iets kreatiefs te gee om te doen. Hulle het dan die poppies by die vrouens gekoop en sodoende vir hulle inkomste op 'n waardige manier verskaf. Die poppies is dan as geskenke aan mense gegee. Die poppie het so 'n groot indruk gemaak op almal wat haar ontvang het, dat sy vandag wereldwyd uitgedeel word en baie mense maak donasies om die projek te ondersteun. Vir meer inligting oor tsunamika http://www.tsunamika.org

Snow White

Vanoggend oppad skool toe, het ons verby 'n lyk in 'n glas kis gery. So langs die pad het hy in die kis gele, jongerig, sy gesig heel vreedsaam, in wit uitgerus en blomme oral in die kis gestrooi. Om hom het 'n paar mense gesit, party het gesels met die mense wat verby stap en ander het 'n paar trane afgevee. Die kinders wat verby, oppad skool toe gestap het, het nie eens twee keer gekyk nie. Die verkeer was soos gewoonlik stadig, ons motor lekker hoog en ek kon die storie rustig sit en bekyk.

So 'n paar naweke terug, het ons een Saterdag oggend in die stad gery en gesien die pad le vol blomme. Bietjie verder aan was 'n wa wat deur mense getrek word. Baskhar, ons bestuurder se toe dis 'n begrafnis en ons het gevra hy moet stadig verby ry. Op die blomme versierde wa, het 'n ou man gele en 'n jolige komp mans het saam met die wa gestap. Baskhar se lyke word so vervoer, dan veras en as dit streng Hindus is, word die as later op die heilige Ganges rivier gegooi. Die gelukkiges wat naby die Ganges rivier bly, word sommer net so ingegooi, volgens die Hindu geloof, reinig dit die persoon van alle sondes.

Monday, 12 May 2008

Dubai wegbreek




Vir Japie se verjaarsdag het hy besluit om homself te treat en Vrydagoggend 9:00 was hy reeds op die ski slope. Dubai - wat 'n ongelooflike plek !! Miskien sal mens dit nie so baie waardeer as jy uit UK of SA daarheen gaan nie, maar uit Indie........ ons monde het oopgehang. Op die lughawe staan die taxi's in netjiese rye en wag, op die paaie is daar amper net nuwe luukse motors, almal ry in bane en die geboue is een hoer as die ander. Die hotel waar ons gebly het is deel van die Mall of Emirates (blykbaar die grootste Mall buite Noord-Amerika) en daar is enige denkbare winkel of brand - van Next, Monsoon, ELC tot Armani en Ralph Lauren. Dan was daar 'n massiewe groot Carrefour (selfde as die een in Calais waar die Britte gaan shop), met alles wat ek so mis. Ons het selfs Ouma beskuit daar gekoop. Ook deel van die Mall is Ski Dubai waar ons hope pret gehad het. Inge het weereens bewys dat as dit by sneeu kom, is sy vreesloos. Sy het gebobsleigh, met tubes by bulte afgegaan en rondgehardloop tot ons ander flou was. Die res van die tyd het ons geswem en heerlik geeet - sushi, steak, slaai en nog alles wat lekker en bekend is. Dit was sommer net 'n lekker naweek en Saterdagaand was ek en die kinders niks lus om terug te kom Chennai toe nie. Op pad terug lughawe toe, het ons verby 'n SA Woolworths gery. Tog vreemd, miskien sad, hoe al die bekende en luukse dinge vir my comfort gegee het die naweek. Japie was gelukkig en moes nog 2 dae agterbly vir werk.

Terug in Chennai het 'n teleurstelling op ons gewag. Inge het nie plek gekry in die Internasionale skool vir Augustus nie, sy is tans op die waglys. Op die DVD wat ons van Japie se werk oor Indie en Chennai gekry het, het die skoolhoof nog gese dat een van die voordele van na Chennai kom, is dat die skool geen waglys het nie !

Monday, 5 May 2008

Aandete




Aandete, ons hoofmaal, was aan die begin 'n pyn. Eintlik het die frustasie al begin by inkopies doen vir aandete. Een van die dinge wat ek die meeste mis is 'n supermark, 'n lekker groot Sainsbury's, Pick & Pay, Tesco, Asda, enige iets, ek is nie kieskeurig nie. Al daai anti-supermark snobs gee ek 'n maand in Chennai en ek skat hulle sal dieselfde voel. Hier moet ek ver ente ry van een winkel na 'n ander en as ek laas week iets by 'n spesifieke winkel gekoop het, is die kanse goed dat hulle nie meer daarvan die volgende week sal he nie. Dit help ook nie om vooraf te bel nie, die antwoord is altyd "yes, please come madam".

Maandagoggende oppad terug van die kinders se skooltjie gaan ek Niligiri's toe. Chennai se spog supermark. Eintlik glad nie sleg nie. By Nilgiri koop ek al die basics - pap, eiers, melk, dhal, meel, pasta, skoonmaakgoed, koekies ens. So 20 minute verder is Suriya Greens. Dis die plek om heerlike vars groente en vrugte te koop volgens seisoen. Dan nog so 10 minute verder is Maison de Gourmet waar ek kaas en koue vleise koop. Nog 10 minute verder is French Loaf, vir vars brood soos ons dit ken. By Nilgiris kry mens net "sweet white bread". Baie naby ons huis is Amma Naana of te wel die ex-pat winkel. Amma Naana verkoop al die "luukse" nie-Indiese goed soos - weetabix, baked beans, sampioene, rooibos tee, mayonaisse, marmite. Eintlik kan jy daar vir enige iets gaan vra en hulle sal dit kry - natuurlik teen ex-pat pryse.

Oppad terug van die speelskool ry ons altyd verby "Annai Chicken Centre". Dis 'n klein winkeltjie, reg op 'n baie besige pad en voor die winkeltjie is daar 2 draadhokke met lewendige hoenders in. Op 'n tafeltjie is 'n skaal, 'n mes en agter dit staan die winkeleienaar en wag vir kliente. Dis dit. Ek koop nie daar nie, die plek het my lus vir hoender laat verdwyn. Net om die draai is die "mutton" winkel (hier kry mens nie lam nie, mutton is bok). Afhangende van die tyd van die dag, hang daar dan 'n heel karkas of net 'n been. As jy gelukkig is, kan jy sien hoe die vars karkas, met 'n 3wiel fiets, by die winkel afgelaai word. Glad nie toegemaak of in koelhouer nie, net so in die verkeer aangery. Niemand eers om vliee weg te waai nie. Ek eet ook nie mutton nie.

Aan die begin het ons dus maar geleef op pasta, rys en gestoomde groente. Slaai word nie aanbeveel nie, te veel kieme wat mens se maag omkrap. Na 'n maand sonder vleis het Japie egter begin kla en my hare het begin uitval. Ek moes dus maar my viesgeit vir vleis los en het die nommer van Royal Meats gebel wat baie van die expats aanbeveel het. Hulle lewer af, so ten minste hoef mens nie te sien hoe die vliee op alles sit nie. Die sak vleis wat hulle gebring het, het egter so gestink, dat as Amudha nie in die kombuis besig was nie, sou ek dit in die drom gegooi het. Japie het die aand die sakkies vleis mooi afgewas, ons het dit op die end geeet en oorleef. Volgende het ek Fresh and Frozen probeer. Weereens, so 30 minute se ry van ons, maar die winkel is darem redelik skoon en hulle het ook lekker calamari en prawns.

Aandete het aansienlik makliker geword toe Amudha begin het om so 3 aande 'n week te kook en te help met die inkopies. Sy het wel 'n paar voorwaarders gehad. Sy kook net in 'n huis met 'n idlis pot, 'n dosa pan en 'n elektriese grinder. Die huis het nou alles, ook 'n verskeidenheid spices en tien verskillende soorte lensies. Idlis en dosa is die stapel voedsel van Suid-Indie en word oggend, middag en aand geeet saam met spicey souse gemaak van groente, lensies, vleis of vis. Idlis en dosa word van dieselfde fyn rys en lensie mengsel gemaak. Idlis is klein ronde koekies wat in die spesiale pot gestoom word en dosa lyk soos 'n pannekoek. Ek hou nogals daarvan, maar Japie sug as hy dit sien. Aanvanklik het Amudha se kos ons oe laat traan, neuse laat loop en monde gebrand, maar sy verstaan nou al "little spice" en sy maak heerlike biryani, chicken stew, cocunut chutney, chapati en verskillende souse of dahl vir saam met rys eet.
Rys verteer blykbaar makliker as koringprodukte soos brood en is beter vir die warm klimaat. Ja, George Bush is reg - ons hier in Indie eet die wereld in 'n rys krisis in.

Friday, 2 May 2008

Om 'n brief te pos


Japie het vir die bestuurder gevra, wat is "hurry up" in Tamil (die local taal). Sy antwoord was "quick-quick". Dit vertel eintlik alles - in Chennai is daar nie iets soos hurry up, quick-quick of gou-gou nie. Niks gebeur hier vinnig nie.

So is ons op pad om by 'n maatjie te gaan swem en is bietjie vroeg vir ons afspraak en ek se vir die kinders ons gaan net gou eers 'n brief pos. By die poskantoor staan ek 3e in die ry vir seels, maar siende dat die dame agter die toonbank nie 'n skaal het nie, moet sy die briewe gaan weeg by die toonbank waar die mense met pakkies toustaan. Pakkies kry blykbaar voorkeur bo briewe, so sy moet eers wag tot almal in die pakkie ry geholpe is voor sy 'n brief kan weeg. Net soos daar 'n opening is, het sy egter met iemand anders begin gesels, nie die kans gebruik nie en intussen het daar nog 2 mense met pakkies aangekom. Ek staan dus nog steeds 3de in die ry in 'n poskantoor met geen a/c nie, darem 2 dakwaaiers, maar steeds bitterlik warm. Na 'n lang gewag, het ek die seels. Ek was nie lus om die seels te lek nie, laat toe net 'n paar druppels uit Inge se waterbottel op my vinger drup en smeer dit agterop die seels en plak dit op die koevert. Die seels plak egter nie, want dit het geen gom agterop nie. Sommer vies vir die storie, druk ek voor in die seel ry in (die ander staan in elk geval en wag) en kla oor die seels wat sy my gee wat nie kan plak nie. Met oe wat rol se sy net "Madam, glue outside". Buite sien ek die tafeltjie met gom en water, smeer dit met 'n gesukkel met 'n stokkie agterop die seels (soos ek sien die ander maak) en daarna moet ek weer wag dat die gom droog word voor ek dit in die posbus kan gooi.

Gelukkig het ons hier in Chennai baie hulp en die hulp het baie tyd, so briewe pos het ek net daar op die bestuurder se lysie van werkies gesit. Wel, ek en Inge is weer eenkeer terug vir 'n foto en sy het die seelplakkery baie geniet.