Sunday, 31 August 2008

Scheffler blog - troue

So twee blogs terug het ek geskryf van Theo en Marga wat in Chennai was vir 'n troue. Gaan kyk
bietjie op hulle blog hoe dit gedoen word. Hulle het Indian styl aangetrek en lyk stunning - hoop teen die einde van Chennai het ons ook sulke foto's om te wys - skoene en al !

Wednesday, 27 August 2008

Inge word vyf !
















Ons engelkind is vandag vyf ! Sy en Jean het vroegoggend in die tent (opgeslaan in haar kamer) wakker geword, reg vir verjaarsdag hou. Selfs die bestuurder het 6:45 die klokkie gedruk met 'n geskenk in sy hand. By die skool is die gewoonte dat die verjaarsdag kind, koek en sap skool toe bring. Die 2 Kindergarten klasse kom dan bymekaar vir die laaste halfuur van die dag om partytjie te hou. Die klas het vir haar gesing, sy het kersies doodgeblaas, elkeen in die klas het vir haar 'n pragtige kaartjie gegee wat hulle deur die dag gemaak het en daarna het die 32 kinders 3 kg koek verslind. Inge het 'n mermaid koek bestel en was baie beindruk met die een. (Chennai het baie bakerye waar mens enige geur, kleur en vorm koek volgens kg kan bestel.) Gelukkig het almal dit herken as Ariel - ek was bekommerd dat dit eerder na 'n stag party koek lyk.....

Friday, 22 August 2008

6 maande in Chennai

Vandag vier ons 6 maande in Chennai ! Is nog nie seker hoe ons dit gaan vier nie, maar het gister 'n groot Lindt sjokolade by Theo en Marga van Hyderabad gekry (hulle is vir 'n troue in Chennai, ons wag nog vir ons uitnodiging na 'n Hindu troue....) en die eet daarvan sal verseker deel wees van die viering.

Vandag het ek iets nuuts gesien. Ek kon nie my oe glo nie, moes weer, weer en weer kyk. Ongelukkig het ook nie my kamera by my gehad nie, want ek wonder nou of enige iemand my sal glo. Oppad terug van die skool het ons verby 'n pa , met sy omtrent 4 jarige dogtertjie, in haar skool uniform,
op 'n motorfiets voor tussen sy arms sien ry. Dit op sig self is 'n alledaagse verskynsel. Wat my laat weer kyk het, is dat die dogtertjie 'n kinder motorfiets valhelmet op gehad het. Ongelooflik ! In Chennai is die wet, net manlike motorfiets bestuurders moet valhelmets te dra (vrouens word hier nie baie hoog geag nie) en selfs dit word nie toegepas nie. So wat 'n pragtige gesig om 'n dogtertjie met 'n valhelmet te sien.

Wednesday, 20 August 2008

Penguin's Day

Last Friday was India’s Independence Day. On Thursday, Inge’s school had a special assembly to celebrate this. After school she asked me if I knew what day it is tomorrow. After saying no, she told me very seriously “Penguins Day”! She then also told me the story of “Penguins day”. It goes like this:

“A long time ago, people of another country came to
India and told the Indian people to work for them. The Indian people didn’t want to, so a man came and said, then we are going to have a war. In the end the other country said, ok we will leave you alone and they went away. “

When I asked her who this other country is, she was very shocked to learn that her beloved Blighty was the culprit !! (I still have to tell her about the Anglo-Boer War….) On the video you can see her telling the story again to her dad in the car on the way to the house boat.


Monday, 18 August 2008

Kerala - God's own country

Before we came to live in Chennai, I didn't know much about this country and traveling here was not on my list of "things to do before I die". Fortunately, things turned out different from what I have planned ! What an amazing country to travel in (living here, well, that can be a challenge, but this is about being a tourist in India....). Everything is so much different from what I have seen and experienced before, the food, the people, the scenery, you name it, all beautifully different. Our first 6 months in India is almost over, so only 18 months to go and I am starting to wonder when we will have the time to see and do everything.

This weekend we went to the state of Kerala. They call it God's own country. It is laid-back, peaceful and very beautiful. Kerala is most famous for its backwaters, a network of rivers, canals and lagoons all along rice paddies, little villages and coconut palms (our driver said Kerala means land of coconut palms). Our first day and night we spend on a houseboat. In the past these boats were used as rice barges, but now it's only for tourism. I can't remember when I've last done something so relaxing. We rented a 2 bedroom houseboat, with a crew of 3, consisting of a cook, the skipper and an engine man. During the day we sat on the deck, watching village live go by. Everything is happening in and along the river, people cleaning food, washing clothes, taking a bath, crossing the river to go to school or visiting a friend. The cook prepared some authentic Kerala food, which means grinded coconut or coconut milk is added to almost everything. Very delicious. For lunch we bought some prawns (looked like baby lobster) which the cook prepared for us - the best! The children also loved the experience, at times there were a lot of "Jean, be careful, don't go there, get away from the rail......", but most of the time he was also just sitting, waving and watching. In the evening, Inge and
JP did some fishing from the boat and Inge managed to catch a small fish. The only thing they didn’t like was the food. So they had a weekend of rice, banana and pineapple.




























The next day we stayed over at Emerald Isle a typical Keralan style house on the riverside. Again, all you can do is relax and enjoy the idyllic setting. JP went for an Ayurvedic massage, I was not brave enough, so just opted for a pedicure. The children played on the hammocks, did some fishing, we went for a stroll along the river, eat some more good food and went for a early morning country boat ride.

















Late Sunday morning we left for Fort Cochin one of the islands that made out Cochin/Kochi. Photos of Fort Cochin are usually filled with Chinese fishing nets - a beautiful picture taken at sunset or dawn. We arrived around one. I was at first disappointed - it was very hot and a dirty. However, we went for a stroll in the tourist part of town, just next to the fishing nets and ended up at the Teapot for lunch. I love coffee shops and this one is a little jewel. Teapots everywhere and the food and drinks were very good.









We were all sad to leave Kerala and will definitely go back.

Wednesday, 13 August 2008

Nog 'n dag in Chennai

Die afgelope week of wat het ek begin lui raak vir blog. Hoofsaaklik omdat my opwindende en interessante nuus van Chennai aan die min raak is. (Japie het aan die begin gese hy gaan saam blog, wel die monsoon is laat so miskien moet ek hom herinner.) Die enigste gevolgtrekking waartoe ek kan kom, is dat ons besig is om deel te raak van Chennai en in 'n daaglikse roetine is. Ek vergaap my nie meer so aan alles as ons deur die strate ry nie. Ek lees eerder my boek. Dis 'n goeie ding - om deel te wees. Een van die slegte dele van in 'n nuwe plek gaan bly, is die totale vreemdheid. Geen straat, boom, gesig of winkel is bekend nie. Ons het Maandag 'n nuwe kar en bestuurder gekry (die keer hopelik meer permanent as die voriges). Deesdae kan ek vir die bestuurders navigate om by die skool, winkel, my vriendin se huis te kom. Dis ietsie kleins, maar 'n baie goeie gevoel. Ek is nou weer in beheer van die plek waar ek bly. Ek weet nou dat as ons in die oggende skool toe ry en die vrugtesmous se koei al in die kampie is, is ons laat. As die koei nog langs die pad rondstaan is ons ok. Ek weet oor watter brug, watter tyd van die dag ons moet ry om die verkeer te mis. Ek weet waar om meeste goed te koop (ek het nou ook 'n plek gekry wat vars vis verkoop en dit skoonmaak !), wat om te betaal en kan vir nuwe expats raad gee. Ons het vriende gemaak, die kinders sien uit om Maandagoggende skool toe te gaan, Dinsdag oggend gaan ek na my craft groep, Dinsdagmiddag is dit playgroup, Donderdagmiddag is dit tumble tots, Vrydag is Jean by die huis en Sondag gaan ons kerk toe.

Daar is darem 'n bietjie opwinding aan die broei. Vrydag is Independence Day in Indie - 61 jaar word gevier. Oral is Indiese vlaggies te koop, strate en tydelike sale word opgetooi. Blykbaar is dit groot feesvieringe en elke jaar word klappers dwarsdeur die nag geskiet ! Siende dat dit 'n langnaweek is gaan ons na Kerela (staat suid van Tamil Nadu) en hopelik sal ons die geraas misloop.

Sunday, 10 August 2008

The Gods must be Crazy

About a month ago we joined BigFlix. It's a DVD rental service, almost like LoveFilm in the UK, but even better. Here the DVDs are being picked up and delivered to your door on the same day you send the request. Perhaps not always a good thing, as there is always a DVD waiting to be watched. Three weeks ago JP and I discovered Prison Break and we watched the first series in a record time. Needles to say getting up in the mornings was a struggle and the kids didn't had any sympathy. The variety of films is good and yesterday evening we watched 'The Gods must be Crazy' ! How crazy to watch this SA classic in Chennai - or in the words of Steyn ai jai jai jai jai.........

Wednesday, 6 August 2008

Inge se skool

Dit gaan goed met Inge by haar nuwe skool. Een van die moeilikste dinge van wegtrek uit Engeland, was die agterlaat van Inge se skool. Westcott Church of England skool, is 'n pragtige klein village skool, met wonderlike onderwysers, oulike kinders en goeie geleenthede. Na die eerste paar dae by Inge se nuwe skool voel ek egter baie beter. Dis totaal anders, maar dis ook goed.

Saterdagoggend is al die nuwe ouers en kinders na die skool se opedag genooi. Dit was 'n baie suksesvolle oggend. Met die instap by die skool, het Inge vasgesteek, duim in die mond gesit en gese sy wil nie ingaan nie. Dit het mooi praat, trek en stoot geneem, maar ons is in by die skool se gimnasium, saam met al die ander nuwe "Elementary" skool ouers en kinders. Net na ons het 2 ander families ingekom wat ons al goed leer ken het en die sien van die maatjies het Inge laat ontspan. Na 'n kort praatjie, is ons na Inge se klas en het daar haar juffrou en van die ander nuwe maatjies ontmoet ('n groot deel van die klas was al verlede skooljaar in die pre-school groep). Inge het dadelik 'n nuwe maatjie gemaak en het hand aan hand met haar gestap soos ons met 'n toer deur die skool is. Daar is 16 kinders in haar klas met Mrs Dina die juffrou en Mrs Teena die assistent.

Die skool is baie groot en groei vinnig. Dit bestaan uit 'n Pre, Elementary, Middle en High School. Drie jaar gelede het die skool 250 kinders gehad, verlede jaar 450 en vanjaar 700 ! Tans is hulle besig om nog 'n vleuel aan te bou. Die skool is egter goed ontwerp en die laerskool kinders sien amper net die groter kinders met die aflaai slag. Die skool het baie goeie fasiliteite, van 'n swembad, binnemuurse tennis en basketbalbane, tot 'n groot musiek/drama lokaal en kafeteria. Wel die skoolgeld is astronomies, so mens kan dit seker verwag. Hierdie is Chennai se enigste werklike internationale skool. Ander stede soos Dehli en Singapore het 7 of 8 internationale skole.

Die aflaai slag is nogals indrukwekkend. Nog nooit het ek soveel orde in Chennai verkeer aanskou nie. Soos mens na die skool gery kom, is oranje cones in die pad gesit en 1 verkeersbeampte en een skoolbeampte laat die karre afdraai by die skool hekke in. Binne gekom, is daar 3 manne op luidsprekers en nog 3 manne wat arms swaai. Tamil is blykbaar die taal in die wereld wat die vinnigste gepraat word. So die manne op die luidsprekers, praat en beduie teen 'n tempo en klaarblyklik verstaan die bestuurders, want almal ry soos een man na die punt waar ons afgelaai word (amper soos 'n lughawe se drop & go) nogals onder 'n afdak (wee as 'n expat ma of bloedjie gaan nat reen die monsoon). Nadat ons afgelaai is, moet die karre dadelik op die short stay area gaan parkeer. Ons vat dan die kinders in na die klasse en met die uitkom slag, moet ons vinnig in die kar en by die uitgang is daar weer 2 manne wat beduie hoe en waar. Voorwaar merkwaardig in die land van chaos.