Wednesday, 27 August 2008

Inge word vyf !
















Ons engelkind is vandag vyf ! Sy en Jean het vroegoggend in die tent (opgeslaan in haar kamer) wakker geword, reg vir verjaarsdag hou. Selfs die bestuurder het 6:45 die klokkie gedruk met 'n geskenk in sy hand. By die skool is die gewoonte dat die verjaarsdag kind, koek en sap skool toe bring. Die 2 Kindergarten klasse kom dan bymekaar vir die laaste halfuur van die dag om partytjie te hou. Die klas het vir haar gesing, sy het kersies doodgeblaas, elkeen in die klas het vir haar 'n pragtige kaartjie gegee wat hulle deur die dag gemaak het en daarna het die 32 kinders 3 kg koek verslind. Inge het 'n mermaid koek bestel en was baie beindruk met die een. (Chennai het baie bakerye waar mens enige geur, kleur en vorm koek volgens kg kan bestel.) Gelukkig het almal dit herken as Ariel - ek was bekommerd dat dit eerder na 'n stag party koek lyk.....