Tuesday, 21 April 2009

Kerala

Vir paasnaweek het ons besluit om die Salta's te neem na ons gunsteling plek in Indie - Kerala. Natuurlik het dit ingesluit 'n nag op 'n huisboot en daarna verder suid na 'n stukkie paradys net buite Kovalam.
































Selfs 'n derde keer op die huisboot was spesiaal - die groen, die rustigheid, die etes en die storie van alledaagse Kerala bestaan wat voor ons afspeel. Om die 4 kinders rustig te hou op die boot was 'n uitdaging, maar met die hulp van speletjies, inkleurboeke, 'n dvd spelertjie, 2 visstokke, en "waai vir die mense!" en "wie sien die eerste koei/bok/voel/hond" het ons dit reggekry om almal veilig vir 24hr in die boot te hou. Inge was weereens die visvang kampioen (haar 3e - sover elke huisboot trip het sy 'n vissie gevang).... die res het net gehengel en Japie praat nog steeds van die grootte wat weggekom het, terwyl hy die seuntjies geroep het om dit te kom uittrek. Die keer het ons 'n nuwe ervaring op die huisboot gehand - 'n reenstorm, soveel so dat ons moes vasmeer ! Dit was nogals 'n ervaring om die harde reen vir amper 'n uur te sien en hoor neerstort. Gelukkig het die son weer uitgekom, die bemanning het die dek droog gemaak en ons kon weer voortgaan met ons rit.

Na die huisboot, was dit 'n 3 ure rit na Kovalam. Kovalam is bekend vir pragtige sand strande omring deur palmbome. By Bethsaida Hermitage, is ons ingewag met stringe blomme en 'tender coconut milk'. Die res van die tyd was dit swem, eet, speel op die strand, slaap en weer swem.










Monday, 20 April 2009

Chennai vandag

Vanoggend is die huis baie stil. 3am is die Salta's lughawe toe en die kinders is beide by die skool. Voor skool het Jean 'n paar keer gevra, waar is Antony dan en Inge het sonder 'n glimlag opgestaan. Aan die eenkant dink ek, ons almal wens, ons kon saam terugvlieg Engeland toe. Dan het ek ook 'n email met 'n klomp pragtige foto's vanoggend gekry van vriende wat onlangs van Chennai na Dubai getrek het. Sy se die lewe in Dubai is net soveel makliker as hier in Chennai. Wel, ons kry nie regtig swaar hier nie, het baie hulp, goeie vriende, beleef interessante dinge en het baie goeie tye. Net soms, dan raak die strate se vieslike gemors, die lawaai, die stank, die mans wat oral pie, 'n ewige gekibbel oor pryse, baie bedelaars, die mal verkeer, die hitte en humiditeit te veel. Veral, soos vandag wat ek opnuut besef, daar is steeds 'n 'normale' lewe buite Indie wat aangaan.

Friday, 17 April 2009

Paspoorte en visas

Ons belangrikste, waardevolste, kosbaarste, lewensnoodsaaklike besitting - ons paspoorte. So as die huis vannag aan die brand raak - gryp net asseblief die paspoorte !! En as daar dalk nog 'n sekonde is, die laptop. Los maar die foto's (selfs die trou album), Inge se teddie, Jean se eendjie, selfoon en dosie saffron. Net die paspoorte - die met die Indie visas in !! Anders mag ek dalk hier vasgekeer wees vir die res van my lewe. Die afgelope 2 weke was ons sonder Indie visas en dit het my uitgefreak. (Veral toe die ontvangsdame paasnaweek in die Kovalam resort aandring om ons paspoorte te sien. Sy merk toe op ons visas het reeds verval en se ons moet solank regmaak met 'n verduideliking, want hulle moet dit aan die polisie raporteer !! )

Om 'n verblyf visa in Indie te hernu is 'n nagmerrie. Ons eerste jaar se visa (wat ons binne 3 dae in die UK gekry het, sonder om ooit na 'n Indie ambasade te gaan) het op 3 Januarie 2009 verval. Reeds in Desember het ons by die FRRO kantoor in Chennai gaan aansoek doen vir 'n verlenging (mens kan net 2 weke voor die vervaldatum weer aansoek doen). Na 3 besoeke aan die kantoor, het ons 'n tydelike verlenging vir 3 maande gekry, terwyl al ons papiere gestuur is na Delhi (alles word hier per papier gedoen). 'n Maand voor die vervaldatum het Japie se kantoor begin navraag doen, Japie het gebel, ek het gestress, maar steeds het 3 maande gekom en gegaan en ons visas het verval. Die FRRO het gese dit maak nie saak as die visa verval het nie, ons kan maar bly in Indie (great). Hulle wou dit egter nie op skrif sit nie en die vangplek was dat ons nie die land kan verlaat sonder 'n geldige visa nie. Vasgekeer in Indie - ek het gevloek!!! Natuurlik het ons papiere tussen Delhi en Chennai weggeraak. Don't worry sir- we will look for the papers, phone us tomorrow, next week and also the week after, if you are lucky someone will answer the phone...... Intussen het ons met ander expats gesels en stories gehoor van geld onder die tafel (niks vreemd in Indie nie) en ander gunsies (soos om 'n klerk se nefie vir 'n job te oorweeg). Die meer ervare expats kombineer die visa aansoek met 'n besoek aan hul land, waar dinge binne 'n week gebeur. Wel, gister het ek en Japie weer gaan musical chairs speel by die FRRO kantoor en na 2 ure se wag, het ons nuwe visas. Geldig tot 3 Januarie 2010. Dit sal ook die einde van ons tyd in Indie wees.

Wednesday, 15 April 2009

Britains got talent

If you have not seen this yet - watch Susan Boyle

Then, for something completely different

Thursday, 9 April 2009

Welkom in Chennai !

In Indie word daar gese 'the guest is god', so natuurlik kon ons nie afsteek nie en het ons Kotti Saterdagoggend 3 uur, met 'n sak vol blomme garlands, lughawe toe gestuur om die Salta's te gaan oplaai. Dieselfde oggend het ek, Inge en Jean baie vroeg opgestaan om 'n blomme kolam in ons voorportaal te maak. Op hulle beurt het die Salta's weer 'n tas vol lekker luukse dinge en geskenke vir ons van Engeland saamgebring.

Na die groot opwinding van herontmoeting tussen die niggies en nefies, het ons die res van die naweek gebruik om vir hulle van ons gunsteling plekke in Chennai te gaan wys - Amethys, Madras Club se swembad, Courtyard Marriot se Sondag brunch en Elliots Beach. Tussendeur moes ek en Ciska ook nog tyd maak vir 'n pedikuur.





Maandag moes Amudha bont staan en 4 kinders oppas, terwyl ek en Ciska gaan shopping doen
het en die middag het ons 'n vroee verjaarsdag partytjie vir Anja gehou.


Dinsdag het ons (sonder die pa's - wat in Chennai moes bly om te werk) vir 3 heerlike dae by die see gaan uitspan. Oppad het ons gestop by Chennai se krokodil park - Jean het gedink dis die wonderlikste plek. Natuurlik moes ons ook Mamallapuram se eeue oue sites vir hulle gaan wys, maar die son het vinnig hulle glimlagte weggebrand en Antony het een stryk deur gevra wanneer kan hy teruggaan na sy huis in Engeland. Terug in die swembad, het die opinie darem vinnig weer verander en Anja het opgemerk ''India is fun !".




More vertrek ons almal (pa's inkluis) vir paasnaweek na Kerala (ja, ons 3e keer !!)

Friday, 3 April 2009

Waatlemoene































Chennai het nou wel weergewys nie veel seisoensverandering nie, maar ons kan tog agterkom watter seisoen dit is, deur te kyk na die vrugte op die straat. Tans is dit tyd vir heerlike waatlemoene. Oral langs die straat is daar waatlemoene te koop. Min mense koop egter 'n hele waatlemoen, eerder net 'n skyf as versnappering. Wat is dan beter lafenis vir die hitte, as 'n stuk soet, sappige waatlemoen ? Die gesnyde, rooi stukke waatlemoene word pragtig uitgestal, meestal in 'n glaskassie of onder 'n net om die vliee weg te hou. Die is sommer 'n paar foto's wat ek vandag langs die strate geneem het.

Wednesday, 1 April 2009

Spring break

Wanneer mense (hoofsaaklik die Amerikaners) by die skool, praat van spring break (en ook winter/ autumn break) in 'n Chennai waar dit ewig somer is, klink dit amper soos 'n April Fool's grappie. Inge se skool het egter wel Vrydag gesluit vir hul 'spring break'. Die vakansie hou baie groot afwagting in - die Salta's kom Saterdag vir 2 weke kuier. Inge tel al slapies van 12 af, gelukkig is nog net 3 oor ! Intussen hou ons, ons besig met allerhande lekker dinge (foto regs na die haarsny uitstappie - Inge se krulle is geblowdry) en as Jean 'n handvol raak stuur ek en Inge hom skooltjie toe (sy skool het nie nou vakansie nie) !!

Een van ons interessantste uitstappies was Maandagmiddag na Fisherman's Cove om te gaan help om baba seeskilpadjies see toe te neem. Die Olive Riley seeskilpad kom le hulle eiers langs Chennai se kus, maar het 'n opdraende stryd teen mens en dier wat dit geniet om skilpad eiers te eet. By Fishersman's Cove word die neste bewaar en wanneer die klein skilpadjies uitbroei, word hulle terug na die see begelei onder luide aanmoediging van geesdriftige kindertjies (ja, nie seker hoe omgewingsvriendelik dit presies is nie....) Ten minste staan geen kraai, rondloophond of krap 'n kans om die skilpadjies te vang voor hulle die see haal nie. Die kinders word ook toegelaat om die skilpadjies versigtig op te tel en te bekyk. Vir Jean was die hoogtepunt van die uitstappie, die speel in die sand en see na die tyd.














Die groot bonus vir die vakansie is, dat na 'n jaar van wag, wonder, onderhoude en nog wag, het ons uiteindelik lede van die Madras Club geword. Die Madras Club is 'n pragtige, eksklusiewe ontspanningsklub wat dateer uit die koloniale tye, 2 minute se stap van ons huis. Dit het 'n heerlike swembad, speelpark, gym, 2 restaurante, kroeg, biblioteek, tennisbane, staproete en verskeie ander aktiwiteite soos brug, yoga en film aande. Ek en die kinders het sover elke middag die week gaan swem of speel in die parkie.