Saturday, 26 September 2009

Ek sien nou net ek word alweer verdink van piep. (Met Amudha siek, is my saans-terug-by-die-huisie-lysie 'n rapsie langer as gewoonlik... die dat ek hierdie tyd van die nag emails lees.) So vir die rekord...

Maar voor ek daarmee begin, eers dit :

Travel is fatal to prejudice, bigotry, and narrow-mindedness,
and many of our people need it sorely on these accounts.
Broad, wholesome, charitable views of men and things cannot be acquired
by vegetating in one little corner of the earth all one's lifetime.
~Mark Twain

Ek wil nou nie voorgee dat ek "charitable views of men and things" het nie, maar die "fatal to prejudice..." deel is vir verseker waar vir my. Ek het gister weer so 'n ervaring gehad.

Vir die kinders se kwale was dit nog nie nodig om in Indie hospitaal toe te gaan nie. Egter heelwat stories daaroor gehoor en met wat ek elke dag om my sien, was ek goed bevooroordeel toe ek gisteraand 19:00 na 'n hospitaal se A&E is. (Bv. baie van die mediese versekeringsprodukte wat hier in Indie verkoop word, dek net die koste van 'n "non-AC" kamer. Vir 'n plek waar dit net snags koeler as 30 is, met 'n onbeskofte humiditeit daarby, klink dit nie vir my na 'n plek om te probeer gesond word nie.)

Ek moes egter 'n bietjie meer nagedink het oor Hobbes se advies aan Calvin : "Our fears always outnumber our dangers".

Jy kan seker se dit was 'n privaat hospitaal. En dat dit 'n hospitaal in Chennai is (blykbaar die beste hospitale in Indie - "medical tourism" is 'n groot ding hier in Chennai). Maar dan het ek al heelwat ander private mpye in Chennai gesien wat dink hulle doen dinge wereldklas...

Die hospitaal (Apollo) was baie groot (ek skat so Tygerberg se klas). En verskaf dienste vir amper die hele spektrum van die samelewing (soos SA is die staatshospitale hier maar beperk).
Daar was BAIE mense (soos in die "sea of humanity" : hier bly mos meer as 'n biljoen mense in Indie - soms voel dit asof die meeste daarvan hier in Chennai bly). Siende dat ek nog nooit tevore daar was nie en dit effens moeilik is om aanwysings te vra met die strome mense om jou heen, eindig ek direk in die ongevalle afdeling. Hier is nou nie eintlik mes-steek en skietwonde in ons deel van Indie nie (so daar was geen bloed te siene nie), maar al die steun, kreun & huil laat 'n mens sommer baie dankbaar voel oor jou seeninge !

Soos meeste plekke hier, is daar baie werknemers : elkeen met 'n baie spesifieke takie. In hierdie hospitaal se geval vermoed hulle verskaf werk vir 'n hele voorstad. Nietemin is ek geweldig vinnig geprosesseer en in minder as 30 minute het 'n nurse en 3 verskillende GPs na my omgesien. Hulle het nie geweet wat met my verkeerd was nie, maar het vir my net daar & dan - terwyl ek op die bed le en hul brosjure lees - 'n afspraak vir die volgende oggend gemaak. Ongehoord effektief vir hier!! En die hele oefening het my niks gekos nie !

Al negatiewe was dat al 4 van hulle se personeelkaarte (wat om hulle nek hang) die vorige dag verval het. Maar 3 het egter dieselfde verduideliking gehad. (Die 4de een - 'n vroue dokter - het nie na die soort tannie gelyk wat hierdie soort vrae sal waardeer nie.) Dan was daar ook die nurse wat my mediese geskiedenis moes neem. Die vraag oor "do you use alcohol" het my egter onkant gevang. Dis mos 'n droee staat die. So ek moes geweet het dat my antwoord van "2 units per week" net probleme gaan bring. Hy het toe 'n spesiale vraelys vir sulke gevalle. Soos "what do you drink" en "for how many years have you been drinking". Die beste was egter "when and where do you drink" ?! Hy't seker gedink hy't 'n skelmdrinker geidentifiseer en dat die eierknop op my elmboog daar is omdat ek in my dronkenskap iewers in 'n sloot geval het...

Vanoggend, het die hospitaal se fasiliteite, diens en effektiwiteit my net meer verbaas. Die spesialis het n nood operasie gehad en was nie beskikbaar toe ek op die aangewese tyd weer by die hospitaal se ontvangs opdaag nie. Gewoonlik in Indie, sal hulle net se dat ek 5 minute moet wag (sonder 'n verklaring hoekom die man laat is nie). Maar vanoggend verduidelik hulle die hele saak en bespreek met my wat gaan die beste werk. Ek's terug werk toe (so 10 min se ry met een van die 3-wiel motorfietse) en hulle het my later gebel toe die ou weer beskikbaar was. Binne 'n uur was ek gediagnoseer, geregistreer & dokumenteer, bloedtoetse geneem en terug by die werk. Alles vir minder as R190 (en dit teen die premium tarief sodat ek nie 'n rye hoef te staan nie)!

Siende dat ek die afgelope tyd baie negatiewe dinge oor Indie - spesifiek die manier hoe baie dinge hier gedoen word - te se het, ag ek hierdie ervaring 2de na om die Taj Mahal te sien!

Tot later.

NS Die spesialis is van mening dat ek "bursitis of the elbow", maar het my verseker ek sal eendag as gevolg van iets anders sterf.

Friday, 25 September 2009

Siekte in die huis

Tot dusver het ek nog min vertel van Amudha - ons hulp in die huis. Sy maak skoon, was, stryk, kook, pak reg, help met inkopies, pas kinders op en werk die sake van enige handyman wat iets in die huis kom regmaak. Anders as met van ons vorige bestuurders, is sy 'n staatmaker en maak my lewe in Chennai van die begin af soveel makliker. Presies hoeveel makliker, het ek opnuut die afgelope 2 weke besef. Verlede week was sy 2 dae sleg siek met koors en verlede Vrydag het ek voorgestel dat sy haar gaan toets vir malaria. Saterdag het die uitslag gekom - typhoid. Van wat ek op die internet lees, kan dit 'n maand of langer wees voor sy weer heeltemal gesond is en, net so belangrik, nie meer aansteeklik nie!

Ons is almal reeds in die UK ingeent teen typhoid, maar siende dat dit net 75% effektief is, het ek besluit om bietjie op te skerp op ons higiene, veral in die kombuis. In elk geval, met al my na lees van siektes hier in Indie, is dit omtrent 'n wonderwerk dat ons nog almal gesond is (Japie was wel vandag dokter toe met 'n onverklaarbare opgeswelde elmboog of moontlik piep). Elke wasbak het nou behalwe seep ook sanitizer.

Ek sal ook nog vir 'n ruk voltyds op kosmaak duty wees. Die kombuis is egter nie my gunsteling plek nie. Dis 'n sauna. Indie het die nare gewoonte om die kombuis aan die agterkant van die huis, sonder AC te bou. So met 'n stoof en 'n oond wat aan is, raak die plek goed warm en die week het ons net gekookte kos geeet. Niks van vars slaai vol wurmpies en wie weet wat als nie - tans twyfel ek of selfs 'n bottel miltons dit kan skoon kry. 'n Ander snaakse ding in 'n standaard Indie kombuis is dat daar nie warm water is nie. Skottelgoed word gewas onder 'n koue lopende kraan, met die opwasmiddel in 'n bakkie langsaan waarin jy die sponsie af en toe doop. Die week het ek egter besluit om water te kook en op my gewone manier skottelgoed te was, maar gou het ek besef hoekom dit hier nie so gedoen word nie. Om met jou hande in warm water, in 'n reeds warm kombuis te staan is hel. Dan is die kombuis ook die enigste plek in die huis wat 'n plug het wat die strykyster nie trip nie. Dus nog 'n paar ekstra ure in die warm kombuis. Wel, vanaand blink die huis, more gaan ek op vakansie en hopelik is Amudha se toetse oor 'n week negatief en sy weer op haar pos !

Wednesday, 9 September 2009

Spot the difference















Rahul Gandhi - dis nou al 'n rukkie dat ek iets oor die man wil vertel en siende dat hy vandag op 'n amptelike besoek in Chennai was, is dit die gepaste geleentheid. Rahul Gandhi of Rahul Ji ('n vorm van respek en affection) soos baie van die plakkate in die stad na hom verwys, is iemand om van notisie te neem. Baie voorspel dat hy 'n toekomstige Eerste Minister van Indie is. Met 'n familie soos syne kan dit ook nie anders nie. Sy pa Ranjiv Gandhi, was 'n vorige Eerste Minister en sy Italiaans gebore ma, Sonia Gandhi, is tans die president van die regerende party (sy verkies egter om die administrasie van die land aan Manmohan Singh oor te laat). Sy ouma was Eerste Minister Indira Gandhi en sy oupa grootjie, Jawaharlal Nehru, die eerste Eerste Minister van Indie. Ja, Indie is 'n demokrasie, wel een met 'n baie invloedryke familie (egter nie familie van Mahatma Gandhi nie)! Ook is hulle 'n baie geliefde familie en die man op die straat verwys na Rahul Gandhi as 'n goeie man. Op 39, ook 'n heel aantreklike man. So gepraat van aantreklike mans, dit bring my by my eintlike storie. So 'n tyd gelede was Japie by 'n groot tradisionele familie geleentheid van een van sy kollegas. Vir die geleentheid het hy sy wit kurta, khaki broek en chappals (insteek sandale) aangehad. Met die instap by die vertrek, kom hy agter dat almal al fluisterend na hom kyk. Siende dat hy die enigste westerling tussen 'n komp Indiers was, het hy dit maar daaraan toegeskryf. Later het hy egter uitgevind dat die fluistering eintlik 'n bespiegeling was of dit Rahul Gandhi is of nie wat die vertrek binne gestap het ! Besluit maar self.......... (en vir die wat Japie lanklaas gesien het - hy is die een met die bietjie grys om die slape).


Wednesday, 2 September 2009

Bekendes

Ek hou nou maar eenmaal van die bekende. Om nuwe plekke te gaan verken is altyd lekker en interessant, maar vir my is die lekkerste om terug te gaan na bekende plekke. As ek by my pa en ma in Stellenbosch kuier, is dit heerlik om deur my grootword huis te vroetel, na die hangbrug te stap en die bekende paaie te ry, net om seker te maak alles is nog daar ! Montagu is my ander hartsplek. Terug in Engeland, maak ek seker dat daar tyd is om te gaan kyk of die donkies nog in Westcott is, cream tea in Shere se Lucky Duck te drink en dat Big Ben nog staan.

As ons na 'n nuwe plek trek, vat ek al my goed saam (tot Japie se frustrasie). So het die rotang wasgoedmandjie wat ons in Zimbabwe vir R5 gekoop het eers in die bakkie afgery Kaap toe, 'n jaar later op die skip na Engeland gereis en 5.5 jaar later Indie toe gevaar (via Malaysia). Oor 4 maande sal dit weer opgepak word. Finansieel maak dit sekerlik geen sin nie, maar die wasgoedmandjie en ek het 'n storie. EN ek lees in die boeke dat bekende dinge help kinders makliker aanpas in 'n nuwe plek !!

Na amper 18 maande is Chennai ook 'n bekende. Die eerste jaar kon ek selde my voet by die deur uit sit, sonder om verstom te staan voor iets nuut. Nou geniet ek dit om al die feeste en rituele vir 'n 2de keer mee te maak. So 2 weke terug was dit weer Independence Day. Verlede Saterdag was dit die skool se ''Welcome back picnic''. Soos verlede jaar met hotdogs, hamburgers, roomys en lekker kuier onder die shamianas. Sondag was dit weer die groot fees waartydens al die Ganesha beeldjies in die see gegooi is en vandag is dit die Onam fees van Kerala. Al die goeie ou bekendes. Minder welkome bekendes is egter die muskiete en klankie in die lug wat die reens bring, maar met my muskiet raket en incense is ek reg vir hulle!