Sunday, 20 December 2009

Die Einde

Ek wou nog vertel het van die nuwe brug wat klaar is, Japie se afskeidsgeskenke, van Inge wat so goed swem (sommer 30X25m lengtes op 'n slag!), van die ys en chai verkopers so op hul fietse, Jean se Engels met die growwe Tamil aksent en van mat koop. Ek wou nog baie foto's wys, veral die wat Japie geneem het in Januarie op sy 2e trip na Agra en Rajasthan (ek is nie die enigste goeie fotograaf in die gesin nie!) om nie eens te praat van die baie foto's wat my ontwyk het nie. Dit sal egter moet wag tot ons mekaar weer ontmoet, want dit is die laaste van Chennai Joernaal. Na 'n week in Dubai weet ek dat nou is eerder tyd om te fokus op ons nuwe lewe hier as om te bly talm by Chennai. Ons het klaar ons goodbyes gese !

Chennai en sy mense was 'n ongelooflike ervaring wat ek vir niks wil verruil nie. Ja, daar is heelparty dinge wat ek nie sal mis nie en maar net my kop oor kan wobble, maar miskien sal juis die dinge van my beste Indie stories word !!

Om die blog te skryf was vir my heerlik, soos iemand gese het - om te skryf is die beste terapie ! Oor alles wat ek oor Indie en spesifiek Chennai te se gehad het, wil ek graag 'n bekende Indiese uitdrukking aanhaal "Everything you've heard about India is true and the opposite as well !"

Ek beplan nie om oor Dubai te blog nie. Ek glo die lewe in Dubai sal meer normaal wees en hier is te veel mense wat Afrikaans verstaan !

Al wat dan nou oor bly is om te se - Geseende Kersfees en voorspoed vir 2010!!

Nandri.

Friday, 11 December 2009

Laaste dag in Chennai

Wat 'n week. Gister was 'n hartseer dag. Ek het vir oulaas saam met 'n paar vriendinne gaan eet en meeste koebaais gese. Vandag het ek laaste lysies afgetick en vanaand het ek 'n oneindige verligting oor my. Alles klaar. More 9.40am is ons oppad na Dubai.

Vanoggend nadat ek die kinders by die skool afgelaai het, het ek 'n uur vry gehad. Te ver om terug te ry hotel toe en te vroeg om met die laaste admin dinge te begin. Ek besluit toe om na Chennai se groot tempel, Kapaleeswarar, te gaan. Om na die tempel te gaan, is eintlik een van Chennai se grootste toeriste attraksies, maar om een of ander rede het ons nog nooit daar uitgekom nie. Ek was net betyds vir 2 troues en al die oggend rituele en kon heerlik daar rondstap en foto's neem. 'n Great manier om Chennai af te sluit.

Inge het ook 'n baie spesiale dag by die skool gehad. Haar klas het vir haar 'n afskeidspartytjie gehou en haar juffrou het baie moeite gedoen om haar die ster van die dag te maak.



Jean word 4!


Tussen deur inpak, oppak, en afskeid neem het Jean gister 4 geword. Die dag het goed begin met n string blomme van Kotti en geeindig met eers partytjie in ons lee huis saam met Amudha en haar 2 seuntjies en by die hotel gekom het nog n koek vir hom in sy kamer gewag. Die dag het egter te veel geword vir Jean en ons het dit afgesluit met vele trane.

Wednesday, 9 December 2009

Die klipkappers

Elke oggend oppad skool toe ry ons verby die klipkappers. Dis 'n paar mense, miskien 'n familie, met 'n tent/hout/plastiek huisie en langsaan hulle klipkap besigheid. Vragmotors kom laai ou bou rommel, hoofsaaklik bakstene af en hulle kap dit tot klein stukkies reg om weer opgelaai te word vir wie weet waarvoor.

There goes my everything

Ek het al 'n hele paar sulke foto's en elke keer word die hoop goed net groter ! Die dag toe ek by Japie in Lotzstraat ingetrek het, het alles ingepas agter op sy Nissan 1400 bakkie en my Taz. Nou is dit 'n 40ft container en 500lb lugvrag. So wat sal die gevolgtrekking wees ? Of Japie het bitter baie goed gehad of ons het baie opgegaar!

Soos die pakkers bokse toemaak, sit hulle alles in die leefvertrek. Gelukkig slaap ons nie vannag meer hier nie, want ek is nie seker of die 2e vloer die gewig kan dra nie. Ons voel juis hoe die gebou bewe elke keer as 'n lorrie verby ry.

Sunday, 6 December 2009

Nog net 'n week

Nog net een week in Chennai. 'n Tyd terug het ek op iemand, wat ook moes oppak, se blog gelees ''we are ready to go, but not ready to leave''. Tot onlangs wou ek eerder nog 'n bietjie bly, maar 6 weke op my eie in Chennai het sy tol geeis. Ek is reg om te gaan. Met ons trek na Indie het ek en die kinders vir 4 weke agter gebly in Engeland, ek het gese nooit weer nie. Hier sit ek weer en die keer vir 6 weke! Wel, Japie het kom kuier, maar na die kuier is die kinders eers 'n handvol en ek is dankbaar om hulle in die oggende by die skool te kan gaan aflaai. Skielik is al die frustrusies van die eerste paar maande in Indie terug. Ek praat Engels, persoon op die foon (om telefoon/water etc te kanselleer) praat Engels, maar ons kan mekaar glad nie verstaan nie. Die een se hulle kom 3pm om die kassie reg te maak, niemand daag op nie. Die vleis stink, die vars broccoli is vol wurms, die muskiete vreet ons op en vir 2 weke al kan mens nerens weetbix (die enigste pap wat die kinders tans eet) kry nie. Die weer is darem lekker koel.........

Verder het ek so 3 weke terug gehoor dat ek dermoid cyst op my een ovary het. Volgens die dr is dit te groot om te los en moet eerder vroeer as later uit. Ek glo enige expat se grootste vrees is siekte en operasies in die vreemde. Selfs die kleinste dingetjie kan vinnig 'n groot monster in jou kop word. Ek het dus 'n paar slapelose nagte gehad oor die ding in my wat enige oomblik (veral in die middel van die nag) kan ontplof. Wel, ek het baie op die internet nagelees, met al my adviseurs gesels en besluit dit moet wag tot in Dubai.

Na 'n week se bekommer kon ek dus weer fokus op inpak en die afgelope tyd het ek probeer om bietjie die huis uit te sorteer, weg te gee en weg te gooi. Nie 'n maklike taak vir my nie en dit wil voorkom of Jean, nes sy ma, 'n klein opgaardertjie is. Meermale het hy van sy dinge uit vuilgoedsakke gaan haal. Sy standaard seding nou, nadat hy klaar gespeel is met iets en dit neersit - Mamma, moenie weggooi nie ! Inge het sy lewe verder moeilik gemaak. By haar skool het hulle gevra om ou speelgoed te bring om te gee aan kinderhuise oor Kersfees. Die goed wat sy uitgekies het, was hoofsaaklik van Jean se speelgoed. Natuurlik soos ek weggeegoed in bokse pak ontdek die kinders hul ou speelgoed en dit word skielik weer hul beste speelding! Soveel vir minder maak.

En Dubai - nee, ek is steeds nie lus vir weer begin nie. Het darem nog 'n week tyd om lus te raak....

Thursday, 3 December 2009

Dis klaar !


Lank, lank gelede het ek geblog oor die woonstel gebou wat oorkant ons gebou word. Met ons intrek was die gebou seker so een verdieping hoog. Wel, 20 maande later en die 4 verdieping, met ek raai 6 of 8 eendhede, is klaar ! In elk geval van buite lyk dit klaar, die tuin is geplant en nou moet die nuwe bure nog net intrek. Voor die gebou is daar 'n onooglike monster van 'n generator/kragstasie..... hopelik kan dit hulle vrywaar van enige kragonderbrekings.

Dit sal ek nie mis nie


Chennai se verkeer - wat kan ek se. Haal diep asem, ontspan, vergeet van tyd en dit sal jou dalk nie pla nie. Blykbaar is Chennai se verkeer rustig in vergelyking met Mumbai en Bangalore, so ons het miskien tog rede tot dankbaarheid ! Wel, vanoggend het daar weer 'n bui reen geval, die paaie was vol water en dit is soos ons straat gelyk het. Bygese ons straat was tot so 6 maande altyd 'n stil straat. Nou word daar 'n flyover so 2 blokke van ons gebou (wat al einde Oktober moes klaar wees) en van toe word ons pad as die alternatiewe roete gebruik. 'n Stukkie pad wat ons gewoonlik so 2 min moes neem om te ry het vanoggend amper 'n halfuur geneem. Gelukkig is dit die laaste stukkie net voor ons huis en die madame het 'n driver en kon uitklim, huis toe stap en 'n paar foto's neem!

Wednesday, 2 December 2009

Japie het gekom en gegaan


Japie het Saterdagoggend geland en is vanoggend weer terug Dubai toe. 4 dae - te kort. Twee van die dae het Japie gaan werk(!!!) en die res van die tyd het ons het vir oulaas saam met vriende en van Japie se kollegas gaan brunch, eet of tee, Japie en die kinders het 'n laaste keer by die Club gaan swem, ek was kerk toe en Japie moes pak. Tyd vir stil sit en net rustig gesels oor wat was en wat kom was daar nie, tot my frustrasie ! Blykbaar is dit wat mens eendag in die outehuis doen..... nie nou nie.